Die dood van ‘n kind is miskien die ergste verlies wat ‘n persoon kan verduur. Hoe kan enige een voorbereid wees op die skok van ’n seun of dogter of kleinkind se dood. Vra maar enige ouer, en hy of sy sal heel moontlik sê “ek sal dit nie oorleef nie� of “Ek sou nooit weer dieselfde wees nie�. Niks kan ooit naby die onbeskryflike pyn kom wanneer jou kind sterf nie, of die hopeloosheid wat daarna volg. En alhoewel ouers dit gewoonlik oorleef, verander die verlies hulle vir altyd.  Wanneer ‘n kind sterf kom die ouers voor die onverstaanbare te staan: my kind moes nie voor my gesterf het nie. Hulle ervaar geweldige skuldgevoelens, want hulle voel verantwoordelik vir die dood in een of ander manier. Wat moes ek gedoen het om dit te voorkom? Hulle voel sonder waarde, onbeholpe en magteloos, want hulle glo hulle het gefaal met hulle ouerlike pligte. In plaas daarvan om hulself as ouers te sien, word hulle ouers van ’n dooie kind. Daar is geen helder denke vir sulke ouers nie. Maak nie saak hoeveel beskerm en versorging ‘n ouer sy kind gee nie, hy of sy voel altyd verantwoordelik in een of ander manier.
 Behalwe vir die gevoel dat ‘n kind voor sy of haar tyd gesterf het, voel ‘n kind se dood ook altyd onnatuurlik en uiteindelik glo die ouers dat hulle geblameer moet word.Â
Onthou dat die gees van ‘n kind bly lewe in ‘n geestelike wêreld (die hemel) en is ten alle tye bewus van sy ouers se gedagtes en gevoelens. Die hartseer oor die dood van ’n kind is ’n hartverskeurende proses. Geduld is van kardinale belang. Deel van die genesing hang af van drie dinge: eerste, ‘n ouer se verhouding met sy of haar kind, tweede die ouer se fisiese en geestelike gesondheid en derdens die ondersteunings netwerk van familie, vriende en ander.
 Ouers kom nooit oor die dood nie, maar vind maniere om dit te oorleef.Â
Hulle behoort ’n greintjie van vrede te ervaar terwyl hulle rou en weet dat hulle lewe geseën was deur die pragtige siel wat hulle as seun of dogter geken het, vir hoe lank hulle ook al op aarde was. |